Sluit Aan

Sluit by ons aan


Indien u enige vrae het of 'n lid van die Matzikama sakekamer wil word, kan u ons gerus op die volgende maniere kontak.

Kontak ons

Versamel en versprei inligting

Ons stel grondige ondersoek in na enige saak wat die sakelewe raak en versamel, verwerk en versprei enige inligting wat vir sakelui en hul werknemers van waarde mag wees.
  • 100%

Ondersteun ekonomiese beleid

Ons ondersteun en bevorder enige ekonomiese beleid wat die handel in die besonder of die ekonomiese lewe in die algemeen raak en wat tot voordeel van die sakewêreld strek.
  • 100%

Wek belangstelling in plaaslike handel

Ons wek groter belangstelling in die plaaslike handel by die verbruiker deur middel van voorligting, gesamentlike reklameveldtogte en op enige ander wyse.

Bevorder gesonde kredietbeleid

Ons bevorder gesonde beginsels van kredietbeleid onder ons lede en bewerkstellig moontlike onderlinge samewerking onder ons lede.

Stap 1: Voltooi jou vorm

Klik hieronder om jou vorm aanlyn te voltooi, of om dit in PDF af te laai en te druk. Jy kan ook Cindy Schade bel, SMS of Whatsapp by +27 (0)71 151 6526 en ons sal jou persoonlik besoek en help om jou vorm in te vul.

Laai PDF hier af

Stap 2: Betaal jou ledegeld

Lidmaatskapgelde is van toepassing vir die 12 maande termyn van die Finansiële Jaar wat eindig 28 Februarie van elke jaar en in die geval van ‘n skrikkeljaar 29 Februarie.